CHRISTIAN LIFE BIBLE SCHOOL - TERET
Teret is a Kalejin-gemeenskap sowat 15 km vanaf ons woonhuis. Dis 'n landbou-omgewing wat grens aan die nabye heuwels van Masailand met sy natuurlike woude. Ons bedryf 'n klein Bybelskool hier vir die afgelope byna twee jaar. Voorheen het ons 'n klein hout-geboutjie in die middel van die village gehuur en het ons aanvanklik gesoek na 'n stukkie grond waar ons 'n eie stuktuur kom oprig. Maar intussen het Vader die deure vir ons wyd oopgemaak en het die plaaslike stam-kaptein en gemeenskapsleiers ingestem dat ons 'n ou Britse Bosbou-huisie naby die riviertjie mag benut!

Die plek is gehawend en staan al vir baie-baie jare ongbenut. Die hele dak en plafonne moet vervang word en die binnemure natuurlik opgeknap en uitgeverf word. (Maar ons gebruik dit reeds net soos dit is!) Ons is nou ook besig om 'n nuwe vars "longdrop" in te rig en het ook begin om 'n klomp bome op die half-akker grond aan te plant.Omdat dit reg langs 'n stroom water gelee is het die studente ook ingestem om 'n klein kwekery in te rig vanwaar ons sekere boomsoorte sal kweek vir die gemeenskap se gebruik...Deel van ons visie is om ook later die plek te benut vir die opleiding van die plaaslike jeug as skrynwerkers, sweisers, kleremaaksters...Daar is nie tans elektrisiteit in die huis nie maar die naaste koppelpunt is nie baie ver nie...

Ons soek later, soos wat Vader die balans (R4000) sal voorsien, na 'n span ywerige kundige Suid Afrikaanse Christene wat braaf genoeg is om hand te kom bysit met die restourasiewerk! Komaan manne en vroue, julle het mos elk twee geseende hande, een vir die Bybel en een vir die troffel! Kom maak 'n verskil hier, elke besoeker van die Suide wat hier by ons was het met 'n nuwe perspektief en nuwe visie terug gekeer huistoe...Nairobi-lughawe is maar net sowat 205 km van ons af.